‘n Dogter se Droom – Francine Rivers – Preloved Large Paperback
R65,00In die dramatiese tweede deel van die Marta se nalatenskap-reeks, ‘N DOGTER SE DROOM, sukkel Carolyn om aan te pas in haar veranderende wêreld. Met haar ma, Hildemara, wat in ‘n sanatorium vir tuberkulose-lyers is, ontwikkel Carolyn ‘n besondere band met haar ouma Marta. Maar wanneer Hildemara terugkeer, begin die spanning tussen haar en Marta opbou en Carolyn blameer haarself daarvoor.
Om universiteit toe te gaan bied vir Carolyn die geleent-heid om ‘n bietjie weg te kruip, en ná ‘n familietragedie verdwyn sy vir twee jaar.
Wanneer sy later weer by haar familie uitkom, is dit net hulle wat haar kan help om haar lewe weer op te bou vir haar en haar dogter, May Flower Dawn. Maar die gekompliseerde verhouding tussen ouma, ma en kleindogter bring weereens ‘n skeiding tussen die verskillende generasies.
‘N DOGTER SE DROOM strek van die 1950’s tot in die hede en is die slot in die onvergeetlike familiesage oor die opofferings wat elke ma vir haar dogter maak en die aard van onvoorwaardelike liefde.