• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Afrikaanse Christelike Fiksie

‘n Dogter se Droom – Francine Rivers – Preloved Large Paperback

R65,00

In die dramatiese tweede deel van die Marta se nalatenskap-reeks, ‘N DOGTER SE DROOM, sukkel Carolyn om aan te pas in haar veranderende wêreld. Met haar ma, Hildemara, wat in ‘n sanatorium vir tuberkulose-lyers is, ontwikkel Carolyn ‘n besondere band met haar ouma Marta. Maar wanneer Hildemara terugkeer, begin die spanning tussen haar en Marta opbou en Carolyn blameer haarself daarvoor.

Om universiteit toe te gaan bied vir Carolyn die geleent-heid om ‘n bietjie weg te kruip, en ná ‘n familietragedie verdwyn sy vir twee jaar.

Wanneer sy later weer by haar familie uitkom, is dit net hulle wat haar kan help om haar lewe weer op te bou vir haar en haar dogter, May Flower Dawn. Maar die gekompliseerde verhouding tussen ouma, ma en kleindogter bring weereens ‘n skeiding tussen die verskillende generasies.

‘N DOGTER SE DROOM strek van die 1950’s tot in die hede en is die slot in die onvergeetlike familiesage oor die opofferings wat elke ma vir haar dogter maak en die aard van onvoorwaardelike liefde.

‘n Tyd om te Dans – Karen Kingsbury- Preloved LARGE Paperback

R65,00

Ontdek die krag van grenslose liefde en toewyding, en die ongelooflike getrouheid van God in ‘n Tyd om te dans. John en Abby Reynolds is die toonbeeld van ‘n gelukkig getroude paartjie. Vriende beny hulle, kollegas bewonder hulle en hul kinders koester die beeld van ‘n ma en pa wat versot is op mekaar.

Hul droom-huwelik is egter ‘n illusie – John staan op die punt van ‘n affair, en Abby is lankal nie meer die meisie van John se drome nie. Hulle is deesdae slegs vreemdelinge vir mekaar, die gelukkige tye iets van die verlede. Hulle beplan om hul kinders oor die egskeiding in te lig tydens ‘n gesinsvergadering, maar hul dogter het nuus van haar eie – sy is verloof!

Abby en John is vasberade om nie haar vreugde te bederf terwyl sy haar troue beplan nie. Namate die troue naderkom, is daar egter baie vrae wat deur hul gemoed spoel: Is hul situasie omkeerbaar? Is dit moontlik dat hulle dalk tog weer ‘n rede kan vind om saam vorentoe te kyk?

’n Tyd om lief te hê: ’n Verhaal van onvoorwaardelike toewyding (Timeless Love #2) Karen Kingsbury- Preloved Paperback

R65,00

Na een-en-twintig jaar se getroude lewe en ‘n amper-egskeiding, is John en Abby Reynolds weer bymekaar en gelukkiger as ooit. Hulle is oortuig dat hulle al die uitdagings wat hulle in die gesig staar – hul kinders se probleme end die politiek rondom John as voetbal-afrigter – kan hanteer. Maar dan gebeur die ondenkbare, wanneer ‘n motorongeluk hul lewens onderstebo keer…

Die tragedie skud hul geloof, en die van hul kinders. Om te kan vergewe en te bly hoop op ‘n wonderwek, verg dat John en Abby opnuut ontdek en vashou aan die wat werklik belangrik is. Hulle is vasberade om saam aan te beweeg met hul lewens maar is saam voldoende vir ‘n toekoms wat gulle nooit voorsien het nie?

“n Tyd om lief te hê is ‘n onvergeetlike verhaal van hoop en geloof – ontdek die krag van onvoorwaardelike liefde en toewyding, en die vermoë van ‘n almagtige God om ‘n tragedie in ‘n geleentheid te omskep.

Agter die Skerms (Take Four) Karen Kingsbury – Preloved Paperback

R50,00

Hierdie is die vierde en laaste titel in die Agter die skerms-reeks. In Take Four, nadat Chase Ryan terugkeer na sy gesin en ‘n werk in sy tuisdorp, teken rolprentmakers Keith Ellison en Dwayne Matthews ‘n kontrak met die land se top jong filmster om in hul huidige film te speel. Maar terselfdertyd is die akteur betrokke in ‘n openbare skandaal wat sy reputasie by sy aanhangers skade kan berokken. Intussen kom daar genesing in Andi Ellison se verhouding met God, haar familie en die mense vir wie sy lief is, maar is dit dalk te laat?

Agter die Skerms (Take Two) Karen Kingsbury – Preloved Paperback

R50,00

Take Two is Karen Kingsbury se tweede meesleurende boek in die Agter die skerms-reeks. Die twee onafhanklike rolprentvervaardigers, Chase Ryan en Keith Ellison, volg steeds hulle droom om in Hollywood rolprente te maak wat die wêreld sal verander.

Beleef ook saam met die vier studente Bailey, Tim, Andi en Cody al die keuses wat hulle moet maak en die versoekings wat hulle moet hanteer.

Apollion: Die Voortgesette Drama van ‘n Mensdom Gedoem tot Vernietiging (Left Behind #5) – Preloved Paperback

R65,00

A New York Times BestsellerThis is the fifth volume in the Left Behind series of novels based on New Testament prophecies about the end of life on Earth. In this book, the world has been visited by a plague of demon locusts that attack anyone without the seal of God etched on their foreheads. Internet communication is becoming the primary means of maintaining unity within the underground resistance movement of believers. New global warfare threatens a third of the world’s population. And the Tribulation Force members deal with personal crises, including pregnancies and lost family members.

Die Afrekening (Die Erfenis van Lancaster – Distrik #3) Beverly Lewis Preloved LARGE Paperback

R50,00

Katherine Mayfield, die nuwe eienaar van die Mayfield-landfield, het nog altyd van ‘n luukse lewe gedroom. Maar soos die seisoene verbygaan, mis sy haar Amish-gesin en dierbare vriendin Mary Stotzfus. Verban uit die envoudige lewe wat sy eens geken het, vind Katherine troos in vrywillige diens aan terminaalsiekes, ‘n diens van liefde wat sy hoop eer sal bring aan haar biologiese ma se nagedagtenis. Sonder dat Katherine daarvan bewus is, probeer haar lang verlore liefde, Daniel Fisher, haar opsoor, net om telkens voor ‘n toe deur te staan te kom. Intussen verlustig sy haar in die moderne wêreld en geniet die aandag van Justin Wirth, ‘n aantreklike man wat om haar liefde meeding. Herinneringe aan haar kinderjare saam met Daniel leef in haar hart, en tog is haar huidige lewe ver verwyderd van die Lancaster-distrik. Katherine bly verlang na opregte vrede en sy word gedwing om haar verlede nog eenkeer te trotseer.

Die Afskeid – Karen Kingsbury LARGE Paperback Pre-Loved

Original price was: R65,00.Current price is: R50,00.

Bailey se avonture begin wanneer sy die geleentheid kry om ‘n oudisie te doen vir ‘n Broadway-musiekblyspel in New York. Maar is sy gereed om haar vriende en familie in Bloomington agter te laat? En wat van Cody? Sy bekommerd oor hul toekoms en kan net bid dat hulle sal seëvier. Cody, wat Bloomington verlaat het om nader aan sy ma te wees, kom deur nuwe vriende, omstandighede en die afstand tussen hulle agter dat sy verhouding met Bailey nie so rotsvas is soos hy gedink het nie. Ashley is bekommerd oor Landon se hoesbuie wat net nie beter word nie. Steek hy iets vir haar weg?

Die Laaste Oes: Die Wêreld Kies Kant (Left Behind # 4) – Preloved Paperback

R65,00

DIE LAASTE OES, die vierde boek in die HULLE WAT AGTERBLY-reeks, voer lesers saam in ‘n soeke na waarheid en lewe. Lesers reis saam van Irak tot Amerika; van tien kilometer in die lug tot diep onder die aarde in ondergrondse skuilings; van woestynsand tot in ‘n watergraf op die bodem van die Tigris; van hoop tot vernietiging en weer terug.

Terwyl die wêreld voortspoed op pad na die laaste oordeel en ryke oes van siele soos die Skrif voorspel, begin Rayford en Buck van die twee uithoeke van die wêreld na hulle dierbares soek.

Namate meer oordeelsprofesieë in vervulling tree, bly al minder skeptici oor. Selfs die vyande van God weet nou teen wie hulle die stryd moet aanknoop, en die wêreld word verplig om kant te kies.

Die Losprys – Dee Henderson Preloved LARGE Paperback

R65,00

From award-winning author Tim Lebbon comes this harrowing tale of an epic journey, crossing the forbidden boundary separating us from all we fear the most.…
To the unknown corners of Noreela, the Voyagers have traveled, returning with fantastic tales of their journeys and discoveries. But no one has ever returned from the Great a sheer cliff soaring miles above the clouds and rumored to be the end of the world. Until now.

 

1 2 4

Select at least 2 products
to compare