• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Afrikaanse Fiksie

‘n Dogter se Droom – Francine Rivers – Preloved Large Paperback

R65,00

In die dramatiese tweede deel van die Marta se nalatenskap-reeks, ‘N DOGTER SE DROOM, sukkel Carolyn om aan te pas in haar veranderende wêreld. Met haar ma, Hildemara, wat in ‘n sanatorium vir tuberkulose-lyers is, ontwikkel Carolyn ‘n besondere band met haar ouma Marta. Maar wanneer Hildemara terugkeer, begin die spanning tussen haar en Marta opbou en Carolyn blameer haarself daarvoor.

Om universiteit toe te gaan bied vir Carolyn die geleent-heid om ‘n bietjie weg te kruip, en ná ‘n familietragedie verdwyn sy vir twee jaar.

Wanneer sy later weer by haar familie uitkom, is dit net hulle wat haar kan help om haar lewe weer op te bou vir haar en haar dogter, May Flower Dawn. Maar die gekompliseerde verhouding tussen ouma, ma en kleindogter bring weereens ‘n skeiding tussen die verskillende generasies.

‘N DOGTER SE DROOM strek van die 1950’s tot in die hede en is die slot in die onvergeetlike familiesage oor die opofferings wat elke ma vir haar dogter maak en die aard van onvoorwaardelike liefde.

3-in-1 Romanza Omnibus – Alles of Niks – Preloved Paperback

R35,00

Alles of niks – Madelie Human Bernette is dol op die lieflike ou opstal op die plaas wat sy geerf het. Sy wil dit restoureer en in ‘n gastehuis omskep… as dit net nie vir Henk Hugo se irriterende inmengery was nie.

Verseelde liefde – Jennifer Symons In die romantiese wereld van argeologiese opgrawings in Kreta ontmoet Eloise ‘n vurige Italianer. Toe ‘n kelder ineenstort en hulle twee alleen in die donker agterbly, ontdek hulle veel meer as antieke skatte…

Twaalfuurman – Adele Reynder Zirkai kan nie agterkom of Mathys de Waal se suurheid net teen haar gemik is nie. Maar vir motiewe ontleed is sy ook nie meer lus nie. Op hierdie klein dorpie is sy ver van haar beroep as bedryfsielkundige.

1 2 29

Select at least 2 products
to compare