R65,00

Verlos deur die Liefde – Preloved Paperback

Dis 1850, in die middel van Kalifornië se goud­storm­loop, en Angel verwag niks anders as verraad van mans nie. Sy is reeds as kind in prostitusie gedwing en haar enig­ste oorlewingsisteem is die haat wat in haar brand. Dan ontmoet sy vir Michael Hosea. ’n Man wat sy Vader se hart soek in alles wat hy doen.
In Verlos deur die liefde luister Michael Hosea na God se opdrag: hy trou met Angel en het haar on­voor­waardelik lief. Stadig dring hy tot haar deur; breek deur die bitterheid tot haar hart begin sag word. Maar dit bring oor­wel­di­gen­de gevoelens van on­waar­dig­heid en vrees. En dan vlug Angel. Terug na die duis­­­ter­nis, weg van haar man en sy deurdringende lief­de. Sy is vreesbevange en besef haar enigste ge­ne­sing moet kom van die Een wat haar nog liewer het as Michael Hosea. Die Een wat haar nooit ooit sal laat gaan nie.

Meer as 1 miljoen eksemplare van hierdie roman oor God se onvoorwaardelike, oor­vloe­di­ge liefde is al wê­reld­­wyd verkoop. Hierdie nuwe uitgawe sluit ook ’n studiegids in om Francine Rivers se legendariese ver­­haal in elke leser se hart vas te lê.

1 in stock

Compare
Pre-Loved Good Paperback ,
Share
Book Type

Paperback

Condition

Good

New / Preloved

Preloved

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Select at least 2 products
to compare