R50,00
Salomo, Gunsgenoot tot Verworpene – Johan van Schalkwyk Preloved Paperback
‘n Historiese roman oor die lewe van koning Salomo.
Salomo, die tweede seun van koning David en sy vrou Batseba, word teen die jaar 970 voor Christus die derde koning van Juda en Israel. Hy regeer vir veertig jaar en sterf ongeveer sestigjarige ouderdom. Van die lang lewe wat die Here hom belowe het as hy Hom getrou sou dien, het daar nie veel van gekom nie…
Maar wie was die man wat, in die woorde van 1 Konings 10, al die konings van die aarde oortref het in rykdom en wysheid, wat silwer in Jerusalem so alledaags soos klippe gemaak het en duisend vroue gehad het? Hy was ‘n vrouejagter wie se lewe deur een liefde oorheers is. ‘n Heerser met ‘n harde hand wat sy mense swaar belas het en tog ‘n staatsman wat met die visie om welvaart en voorspoed binne bereik van gewone mense te plaas. ‘n Wysgeer en digter sonder weerga, ‘n gunsgenoot van God wat verlei word om afgode toe te laat…
Deur die lees van hierdie historiese roman sal die kleurvolle wereld van die ou nabye ooste, die liefdesintriges van die digter van Hooglied, die weelde van een van die rykste heersers van sy tyd en die uiteindelike bittere ontnugtering van iemand wat deur God verwerp word, voor die leser oopvou.
2 in stock
Compare
Reviews
There are no reviews yet.