| Book Type | Paperback |
|---|---|
| Condition | Good |
| New / Preloved | Preloved |
Die Afrekening (Die Erfenis van Lancaster – Distrik #3) Beverly Lewis Preloved LARGE Paperback
R50,00Katherine Mayfield, die nuwe eienaar van die Mayfield-landfield, het nog altyd van ‘n luukse lewe gedroom. Maar soos die seisoene verbygaan, mis sy haar Amish-gesin en dierbare vriendin Mary Stotzfus. Verban uit die envoudige lewe wat sy eens geken het, vind Katherine troos in vrywillige diens aan terminaalsiekes, ‘n diens van liefde wat sy hoop eer sal bring aan haar biologiese ma se nagedagtenis. Sonder dat Katherine daarvan bewus is, probeer haar lang verlore liefde, Daniel Fisher, haar opsoor, net om telkens voor ‘n toe deur te staan te kom. Intussen verlustig sy haar in die moderne wêreld en geniet die aandag van Justin Wirth, ‘n aantreklike man wat om haar liefde meeding. Herinneringe aan haar kinderjare saam met Daniel leef in haar hart, en tog is haar huidige lewe ver verwyderd van die Lancaster-distrik. Katherine bly verlang na opregte vrede en sy word gedwing om haar verlede nog eenkeer te trotseer.

Reviews
There are no reviews yet.