R50,00

Die Uitgeworpene (Die Erfenis van Lancaster Distrik # 1) Beverly Lewis Preloved LARGE Paperback

In die stil Amish-gemeenskap van Hickory Hollow, Pennsilvanië, het die tyd stilgestaan terwyl kosbare tradisies en opregte oortuigings floreer het. Maar daar is ’n geheim versteek wat die rustigheid kan verbreek wat die totale gemeenskap so hoog op prys stel. Katie Lapp ontdek ’n satynrokkie in ’n stowwerige kis op haar ouers se solder. Opeens weet sy dat hierdie rokkie ’n geheim inhou wat sy eenvoudig moet ontrafel. Hoekom anders sal haar Amish moeder, ’n eenvoudige vrou wat die wette van die Ou Orde aangryp, hierdie pragtige babarokkie in die solder versteek? Op die vooraand van haar troue met die wewenaar biskop John verneem Katie skokkende nuus van haar gefolterde ouers en niks kan Katie voorberei op die verslaentheid van hulle bekentenis nie. Lees hoe die verhaal ontrafel van haar verbanning uit die geslote gemeenskap tot by haar soeke na ’n ma wat sy nooit geken het nie. Hierdie verhaal bied ’n dramatiese en kragtige kykie op ’n lewe van geloof, die soeke na waarheid en ’n belofte van vrede.

2 in stock

Compare
Pre-Loved Good LARGE Paperback
Share
Book Type

Large Paperback

Condition

Good

New / Preloved

Preloved

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Select at least 2 products
to compare