R65,00

Barbara Johnson Omnibus Preloved LARGE Paperback

1 in stock

Compare
Good Preloved LARGE Paperback , ,
Share
‘n Leesfees – dit is wat hierdie omnibus vir seker is! Drie van die Malvavrou se boeke in een.
Sy vertel met haar eiesoortige insig en uit haar eie ervaring, nie net hoe om beproewings te deurleef nie, maar ook hoe om die lewe ten spyte daarvan te geniet. Sy het twee seuns aan die dood afgestaan, amper haar man in ‘n ernstige motorongeluk verloor en die teleurstelling van ‘n derde seun se homoseksualiteit verwerk. Verder moes sy verneem dat sy aan diabetes ly…
Maar sy het besluit om haar bittersoet stories in te span om ander te bemoedig en weer te laat glimlag. Sy vra belangrike vrae en gee verstandige antwoorde. Ervaar hoe sy jou wys om die sprankel te midde van groot smart raak te sien, hoe om die blomme uit jou pyntuin te pluk en die onkruid behoorlik uit te skoffel. Hierdie nugtere optimis se skrywes is ‘n tonikum vir oud en jonk.
Book Type

Large Paperback

Condition

Good

New / Preloved

Preloved

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.

Select at least 2 products
to compare