All books are preloved unless otherwise specified
Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.
Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan red.
Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd net gedroom het.
Het jy ook al gevra: Waarom kan ‘n vrou tog nie meer soos ‘n man wees nie? Frustreer jou vrou se andersheid jou ook soms? Dan is dit die boek vir jou om te lees!
In Manlief, verstaan my tog! probeer Japie Coetzee en Louis Naudé om by die man ‘n beter begrip vir sy vrou te kweek ten opsigte van haar fisieke andersheid en uniekheid, haar behoefte aan sensitiwiteit, beskerming, hulp en ‘n luisterende oor, haar behoefte om raakgesien, gewaardeer en getrakteer te word.
Hulle praat ook oor belangrike huweliksake soos:
Om jou vrou se andersheid te leer verstaan, is ‘n ontdekkingsavontuur wat net ‘n man met sy vrou kan deurmaak. En as jy jou vrou op die ou end nog verstaan nie, sal jou werklike begrip daarin lê dat jy bloot sal aanvaar dat sy anders is, en haar sal liefhê daarvoor.
Manlief, verstaan my tog! is beslis ‘n boek vir elke man wat sy vrou op die hande wil dra en altyd wil wys: Ek het jou lief.
Select at least 2 products
to compare