• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Afrikaanse Christelike Boeke

Die Afrekening (Die Erfenis van Lancaster – Distrik #3) Beverly Lewis Preloved LARGE Paperback

R50,00

Katherine Mayfield, die nuwe eienaar van die Mayfield-landfield, het nog altyd van ‘n luukse lewe gedroom. Maar soos die seisoene verbygaan, mis sy haar Amish-gesin en dierbare vriendin Mary Stotzfus. Verban uit die envoudige lewe wat sy eens geken het, vind Katherine troos in vrywillige diens aan terminaalsiekes, ‘n diens van liefde wat sy hoop eer sal bring aan haar biologiese ma se nagedagtenis. Sonder dat Katherine daarvan bewus is, probeer haar lang verlore liefde, Daniel Fisher, haar opsoor, net om telkens voor ‘n toe deur te staan te kom. Intussen verlustig sy haar in die moderne wêreld en geniet die aandag van Justin Wirth, ‘n aantreklike man wat om haar liefde meeding. Herinneringe aan haar kinderjare saam met Daniel leef in haar hart, en tog is haar huidige lewe ver verwyderd van die Lancaster-distrik. Katherine bly verlang na opregte vrede en sy word gedwing om haar verlede nog eenkeer te trotseer.

Die Bybel vir Kleuters – Louise Smit – Preloved XLarge Hard Cover

R95,00

Keur uit die bekendste en bemindste stories uit die Ou en Nuwe Testamente is byeengebring vir hierdie oorvertelling van die Bybel vir jong kinders. Getrou aan die oorspronklike teks, word die stories so aangebied dat kinders dit maklik sal verstaan en sal geniet. Hierdie versameling is ryklik geillustreer deur die bekende kunstenaar Alida Bothma, terwyl Louise Smit, bekroonde teksskrywer en vervaardiger van gewilde televisieprogramme vir kinders soos Wielie Walie, Haas Das se Nuuskas, Pumpkin Patch, Kideo, Professor Fossie en die Dinosourusse en Mina Moo, die stories sprankelend oorvertel.

Die Bybel vir kleuters sal jare lank as ‘n kosbare kleinood deur die hele gesin gedeel word.

 

1 2 5

Select at least 2 products
to compare