Afrikaanse Reisverhale

Taxi – Staanplek stories GA Jooste Preloved Paperback

R45,00

Taxi is ‘n versameling stories uit en vir Afrika. Met die makorakora-taxi van die storie as voertuig word daar deur Suid-Afrika gereis: deur herinneringe aan vervloe jare en oor kontoere van die eietydse landskap; verby landelike uitsigte op grasbulte, beeste en kaalgeveegde werfies tot die dekor van die grootstad, voorstad en township; langs die stasies van vreugde en pyn op die lewenspaaie van die land se mense. Op reis word daar telkens aangedoen by ‘n nuwe staanplek: feestelike byeenkoms, stokvel, boereplaas, straatkafee, township square of sjebien. Die eindbestemming: leesplesier in ‘n taal wat self soos ‘n landskap ontplooi.

Select at least 2 products
to compare