• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Afrikaanse Jeugboeke

Liefde laat jou Rice Krispies anders Proe – Tania Brink – Preloved Paperback

R50,00

Die tieners wat as keurders opgetree het, was mal oor hierdie “anderste”, humoristiese liefdesverhaal en het keer op keer opgemerk hoeveel insig die skrywer in tieners se (liefdes)lewe toon. Vir tieners van 12-15 jaar.

“Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was ’n seksis, nes die meeste mans. Hy’t seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter hom opgetel het.”

Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos ’n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie sê. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad.

“Interesting point, Marzanne,” sê die onderwyseres versigtig, “but I’d like to know why you think so.”

Ek sluk. “Wel… kyk maar net vir Romeo and Juliet. Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra.”

Ek is verstom deur my eie briljante literêre insigte. Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel.

Nova Die Vuurdoop (Nova # 2) Fanie Viljoen Preloved Paperback

R50,00

Nova # 2 – In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na ’n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of só dink Lucas … Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: “Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het ’n sny in my kop gemaak … Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie.”
Hierdie woorde gooi die volgende avontuur in hierdie wetenskapfiksie-reeks in snelrat. Die geheimsinnige Sterreloper los vir Lucas twee geskenke: ’n tipe knipmes met ’n laserstraallem en ’n eCom waarmee hy kan kommunikeer. ’n Vreemde man is op Lucas se spoor en waag dit selfs in sy huis wanneer Lucas se ouers nie tuis is nie. Maar die vreemdste van alles is die skrikwekkende visioene wat Lucas onverhoeds begin teister. Wat beteken hulle? Sal hulle ooit ophou? En sal Lucas en sy vriende hulle ruimtelike vuurdoop oorleef?

Select at least 2 products
to compare