• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Haar hartsbegeerte en Meer – Preloved ROMANZA Paperback

R25,00

Ek sal niemand toelaat om my voete onder my uit te slaan nie Jana breek vir ‘n rukkie weg Boskloof-gasteplaas toe, maar dit is nie om te gaan ontspan nie. Sy het ‘n ouditeursondersoek wat sy hier moet kom doen. Wanneer sy haar op die eerste dag al woordeloos vind in die teenwoordigheid van die nutsman, wek dit onmiddellike opstand in haar oorversigtige hart. Gys toets haar uithouvermoë, maar sy weier volstrek om hierdie man met die deurdringende blou oë, moedswillige glimlag en gemaklike houding toe te laat om haar van haar doelgerigte lewenspaadjie af weg te lok. Boonop weet hy nie wie sy werklik is nie en meer nog, watter man soek dan nou ‘n halwe vrou? Selfs al spat die vonke wanneer hulle soen. Vertroue in ‘n verhouding en onvrugbaarheid is onderliggende temas in die verhaal. Haar hartsbegeerte en meer is die vyfde boek in Ciska se Hartebreker-reeks wat rondom Boskloof Wildsplaas en Lodge afspeel. Die lodge is suid van Windhoek in die Auasberge met sy baie Acacia-bome gesetel. Die reeks bestaan uit: Krummelpap in Parys; Vir ‘n oomblik, vir altyd; Blomme vir Melissa en Ek vertrou jou (Mei 2019).

1 2 4

Select at least 2 products
to compare