• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Ena Murray Omnibus # 31 – Preloved Paperback

R65,00

Bevat drie verhale :

‘n Malva in Vinkelstraat

Lise

Sê groete vir pappa

In Sê groete vir Pappa bedank Reino Vos as predikant nadat sy vrou, Chrisma, hom onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat. Hy word hoof van die Sonopkinderhuis en kom weer in kontak met  Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie Reino se vrou weggeloop het. ’n Innige vriendskap ontwikkel mettertyd tussen Rita en Reino… totdat ’n nuwe meisie tot die kinderhuis toegelaat word. In ’n Malva in Vinkelstraat word dominee Werner gul deur sy eerste gemeente op Wilgersdrift verwelkom. Maar dit is dieselfde mense wat gou-gou soos een man teen hom draai. ’n Dorp soos Wilgersdrift vergewe nie maklik nie, veral nie as ’n buitestander hul ongeskrewe reëls oortree nie. Lisé, Ena se heel eerste roman (in 1960 geskryf), is ’n roerende verhaal oor ’n bedorwe rykmansdogter wat moet hoor dat sy nie sommer net lomp is en swak motor bestuur sy is besig om blind te word. Aanvanklik wil sy niks weet van haar dokter se voorstel dat sy op ’n vriend van hom se plaas kan gaan bly tot tyd en wyl sy haar gebrek leer aanvaar nie, maar wanneer die wêreld finaal om haar verdonker, laat sy toe dat dokter Justus haar na Uitvlug neem.

Lied van die Aandblom / Verby die Horison 2in1 – Preloved Hard Cover

R45,00

Susan Maree is een van Derick Jacob se skuilname  Derick Jacobs  (Gebore 31 Desember 1944 en woon tans in Uppington) ’n Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur, onder sy eie naam en verskeie skuilname, onder meer Susan Maree, Stefan Radlof, Len Anthony, Rena de Kock, Henriette Fouché. As Susan Maree skryf Jacobs liefdesverhale.

Select at least 2 products
to compare