• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

‘n Tweede kans vir Thelma – Madeleine Malherbe – MIRRE Paperback Preloved

R35,00

Thelma vind dit moeilik om haar egskeiding te verwerk. Sy is eensaam en gemerk deur die gemeenskap, voel sy. Sy soek oorsake vir die mislukking van haar huwelik by haarself en smag daarna om te kan vergewe. Sy dra swaar aan jaloesie op die ander vrou en bitterheid oor haar eks se verraad. Op aanbeveling van ‘n vriendin soek sy deur ‘n afspraakklub op die internet na ‘n nuwe lewensmaat en leer ‘n paar interessante mense ken. Sy ervaar geluk en liefde, maar stamp ook haar kop en haar ego. Uiteindelik leer sy om te vertrou en word sy ‘n tweede kans op geluk gegun.

Katryn van die Klipdassies – Maretha Maartens – MIRRE Paperback Preloved

R35,00

In Katryn Müller se ouerhuis was swaarkry of die aanvaarding van verantwoordelikheid nie hoog op die agenda nie en godsdiens het geen rol gespeel nie. Maar kort voor Katryn as vennoot in haar ouers se verslankingsmiddel-sakeryk opgeneem kan word, verander die lewe en die atmosfeer in Müllerhof onherroeplik. Eggert en Frieda Müller roep die landskap van die maer lywe vaarwel toe en gooi die deure van ’n ou plaashuis oop vir mense wat ’n tweede kans in die lewe nodig het. Teen haar sin begin Katryn betrokke raak by haar ouers se nuwe lewe en ontmoet vir Dawid Pretorius, die maatskaplike werker met die groot hande wat so sag aan mense raak. Wanneer haar pa ’n dodelike siekte plaas toe bring en kwarantyn afgedwing word, ontdek sy Dawid Pretorius is nie ’n engel wat op aarde diens doen nie . . .

Môrester in die hart – Rykie Roux MIRRE Paperback Preloved

R35,00

Jolanda Jansenz, omroeper by ’n Christelike radiostasie, se lewe word onderstebo gekeer toe Tomas Brink, eienaar van die stasie, in ’n motorongeluk omkom. Tomas se broer, Estian, het sy eie idees oor die radiostasie, wat nou skielik sy baba is, én wat die werklike verhouding tussen Jolanda en Tomas was. Hy stel  Berto, ’n spook uit haar verlede van wie sy liefs wil vergeet, as nuwe stasiehoof aan. Gelukkig is daar een ligpunt in Jolanda se lewe: haar e-pos-vriendskap met ’n geheimsinnige man wat homself “Blink Stefaans” noem. Hy is ’n sensitiewe kunstenaar wat haar verstaan en bemoedig en soos wat haar lewe al hoe moeiliker raak, steun sy al hoe meer op hom. As Jolanda so aangetrokke voel tot Stefaans, hoekom begin sy skoon tintel as die ongenaakbare Estian net naby haar kom? Algaande begin Jolanda wonder of Estian met die graniethart nie dalk self ’n paar letsels het wat hy wegsteek nie. . .

Select at least 2 products
to compare