• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Die Sleutel tot haar Hart – Preloved MELODIE Paperback

R35,00

Vir Rykie du Toit het die oomblik van waarheid aangebreek. Ná drie jaar is sy terug op Voetseer, die Du Toits se familieplaas in die Groot Karoo. Nie net om haar trouman, dokter Werner Hansen, aan haar ouers voor te stel nie, maar om haar jeugliefde, Benjamin Tredoux, te konfronteer. Drie jaar gelede het hy haar liefde vertrap en Lidia bo haar verkies, en toe Lidia kort voor hul troue tragies verongeluk, het hy Rykie daarvoor verantwoordelik gehou. Die bitter verwyte wat hy haar destyds toegesnou het, brand nog soos vuur in haar gemoed. Eers as Rykie die verlede begrawe het, sal sy geluk saam met Werner kan vind. Maar die Benjamin wat sy nou ontmoet, is ‘n heel ander man as destyds…..

Vlam van verlange – Schalkie van Wyk Preloved Paperback MELODIE

R35,00

Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Sy is nou wel alleen, maar haar lewe is uitsorteer; sy weet immers van kindsdag af sy gaan trou met Vincent, die buurseun, alhoewel sy ma haar nie kan verdra nie. Maar die aantreklike Meyer Feldtmann daag soos ’n boemelaar in ’n ou geroeste bakkie voor haar glaspaleis op en gooi haar wêreld deurmekaar. Sy ontdek sy het ’n tant Emma, huisdokter op Henningshoogte, én hoe dit voel om werklik verlief te wees. Die vlam van verlange na ware liefde brand hoog terwyl sy gekonfronteer word met geheime en jaloesie. Moet sy met Vincent trou of sal sy by Meyer, ’n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind?  Tot haar ontsteltenis vind Carli uit Meyer het sy eie geheim . . .

Waar liefde Vonkel – Marilyn Bennett – Preloved Paperback MELODIE

R35,00

Dis die talentvolle jong wynmaker Yvette Malherbe se hartsbegeerte om egte sjampanje in Frankryk te leer maak, en tot haar vreugde word haar aansoek om ‘n leerlingskap by De Vancy-landgoed in Champagne aanvaar. Maar Yvette het ‘n verdere beweegrede om die De Vancys te leer ken: haar ouma Jonelle was ‘n De Vancy wat net ná die Tweede Wêreldoorlog as jong, swanger vrou na Suid-Afrika gevlug het. Die rede waaroom haar familie haar verwerp en uitgedryf het, is saam met haar graf toe, en ter wille van haar ma wil Yvette die waarheid oor hulle herkoms gaan vasstel. In Frankryk loop sy egter gou vas in nóg familie-intriges en donker geheime, en ook die imposante Victor de Vancy…..

Select at least 2 products
to compare