• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Die wet van die liefde – Preloved Paperback JASMYN

R30,00

Danielle Malan is ‘n vurige vegter vir vroueregte, bekwame egskeidingsprokureur en vennoot van Marais, Malan en Boshof. Niemand sê haar voor nie en sy haat veral ontroue mans. Alles omtrent haar is strek onder beheer. Of so het sy gedink, totdat vervlakste Naudé Boshof sy lang lyf in die kantoor langs hare kom neerplak het en haar kop kom omkrap het. Laat een aand kap hy haar byna katswink met sy kantoordeur en die vonke spat, maar daar blom ook iets tussen hulle. Danielle laat haar emosies effe skietgee, net om uit te vind dat Naudé ook maar soos al die ander iemand anders op tou het. Wanneer sy noodgedwone ‘n kamer met hom moet deel tydens ‘n kongres in Johannesburg, kom haar hart nie ongedeerd daarvan af nie. Die wet van die liefde, het mevrou Dhlamini op die kongres gesê, “Dit reken die kwaad nie toe noe.” Sal Danielle kan vergewe en die kwaad begrawe? En wat van die saggeaarde André Marais, senior vennot en jare lange beskermheer? Hy maak dit duidelik dat hy ‘n sagte plek vir haar het. In Die wet van die liefde sal Danielle tussen al die kinkels en kabels mooi moet kies.

Liefde sonder grense – Lize Odendaal Preloved Paperback JASMYN

R35,00

Sam, radio-omroeper by ‘n internet-diensverskaffer, weet wat sy in de lewe wil hê: rus en vrede, sjokelademelk snags ná haar laataandradiosessie, ‘n vriendelike ontvangs deur haar kwaai kat waneer sy in die vroeë môre-ure tuis kom, en ‘n man wat haar sinne kan laat duisel. Verkieslik een met ‘n fluweelstem en ‘n mooi lyf….. Maar of só ‘n man ooit bestaan, betwyfel sy sterk – tot sy die geheimsinnige MB oor die elektroniese golwe van die kuberruim ontmoet!

Paradys van begeerte – JASMYN Preloved Paperback

R30,00

Dis nie aldag maklik om ‘n joernalis by Nuusblad te wees nie. Larissa se baas is knorrig, haar beste vriendin word gedurig voorgetrek, en boonop is sy sat van skryf aan sensasionele, sappige nuusbrokkies wat die publiek soos soetkoek verslind. Sy stem dus effe langtand in om ‘n storie te doen oor die liefdeslewe van Roland Sebastiaan Jonker, miljoenêr en eienaar van die Paradys Stoomtreinsafari’s. Maar sy moet erken: die man fassineer haar. Sy sonore stem, sy liefde vir kinders, en bowenal sy reputasie as gesogte minnaar. As sy net kan uitvind hoe hy lyk….

Perlemoenmaan – Chanette Paul – JASMYN Paperback Preloved

R35,00

Nianne kry die kans om ‘n vriend Martin de la Hunt se kothuis op die skilderagtige dorpie Birkenshire te gaan bly. Dit pas haar uitstekend, want sy wil graag in rus en vrede aan ‘n nuwe skryfprojek begin werkskaf. Maar stilte is haar nie beskore nie. Haar koms na Birkenshire laat die skindertonge behoorlik gons, en vreemdelinge trap haar drempel plat. Boonop kry Neal Kirstein, die geheimsinnige en eksentrieke alleenloper-argitek, dit reg om haar om elke hoek en draai te ontsenu. Wie is die man met oë die kleur van perlemoen? En is dit waar dat hy en vriend Loeka met onderduinshede besig is?

Verbeelde Liefde – Zoe Gouws Preloved Paperback JASMYN

R35,00

Na drie jaar van dwaasheid keer Klara terug van New York. Maar sy is sonder werk, sonder motor, sonder woonplek tot Mart voorstel dat sy haar pottebakkersklasse bywoon en tussendeur uithelp by tant Cato se gastehuis, Cato se kasteel. Algaande word Klara weer mens van vlees en bloed na Paul se kille hantering van die liefde. Maar vir mans bly sy sku, veral die met ‘n wolfnatuur. Sy skuil veel eerder in ‘n veilige kokon van onaantasbaarheid as om haar hart weer te kneus. Net jammer haar nuwe pottebakkerleermeester stem nie saam met haar lewe van afsondering nie.

Select at least 2 products
to compare