• 0 Items - R0,00
    • No products in the cart.

Dokter Sonder Grense – Malene Breytenbach HARTKLOP Preloved Paperback

R35,00

Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk.  Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor.   Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone  is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis. Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk.  Te midde van die chaos en gruwels van oorlog, en die gevaar waarin sy dikwels verkeer, moet Clare boonop deur emosionele storms worstel.

Ontmoet my in Patong- Preloved Paperback HARTKLOP

R35,00

Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar eers wil sy terug Thailand toe, vir ’n kort vakansie en om te werk om deur die herinneringe aan die tsoenami en haar tyd daar. In Thailand ontmoet sy toevallig weer vir Francis, die Engelse sakeman wie se lewe sy destyds gered het. Laura skryf die aantrekkingskrag tussen hulle toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop . . .

Wanneer woorde onnodig is -Kristel Loots – (Hartklop) LARGE Preloved Paperback

R45,00

Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk geval nie dádelik nie. Maar dis moeilik om ’n lae profiel te handhaaf as jy saam met die arrogante en dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo moet werk – en boonop ’n huis met hom moet deel. Dokter Vito Vincenzo soek juis die kollig op, hy streef na beroemdheid en hy sleep ’n baie onwillige Zoely agter hom aan. Dokter Vito Vincenzo met al sy aardse skatte is presies die tipe man wat Zoely nooit weer naby haar wil toelaat nie. . .

Select at least 2 products
to compare