Author

Joel Osteen

Author's books

Dis jou oomblik – Joel Osteen – Preloved LARGE Paperback

R50,00

Wanneer dit met ons swaar gaan, is dit moeilik om vorentoe te kyk en positief te wees. Dalk voel dit vir jou asof jou probleme nooit end gaan kry nie en dat jou omstandighede nooit beter gaan raak nie. Dalk lyk dit vir jou asof daar nooit ‘n lig aan die einde van die tonnel gaan wees nie. Die goeie nuus is: Al het jy nie ‘n antwoord nie, God het ‘n antwoord. Al het jy nie die krag nie, God het die krag.
In Dis jou oomblik herinner Joel Osteen jou daaraan dat jy nooit, ooit alleen is nie. Al het jy dalk vir God afgeskeep, Hy skeep jou nooit af nie. God wil nie net he jy moet hierdie moeilike tye oorleef nie; Hy wil he jy moet floreer. As jy aan jou geloof vashou en vir God se guns vra, sal jy as ‘n oorwinnaar uit die stryd tree.

Joel Osteen gee voorbeelde uit sy eie lewe en uit die van ander en gee jou moed en hoop. Vind inspirasie in hierdie boek en begin bou aan ‘n nuwe lewe wat beter is as wat jy ooit kon dink.

Ek Verklaar: 31 beloftes om oor jou lewe te spreek – Joel Osteen – Preloved LARGE Paperback

R50,00

God se Woord is nie net daar om gelees en verstaan te word nie; sy woorde is gemaak om te verkondig en uitgespreek te word. Sy woorde is kragtig en Hy het hulle aan ons gegee om sy guns in ons lewens in te spreek. In Ek verklaar help Joel Osteen lesers om die waarheid agter God se Woord te ontsyfer en wys hy jou hoe jy God se seëninge in jou lewe en dié van ander kan bring deur God se beloftes oor jou lewe uit te spreek. Ek verklaar is opgedeel in 31 afdelings – jy kan alles op een slag lees, of een vir elke dag van die maand. Elke afdeling begin met ‘n geloofsversterkende verklaring, en word gevolg deur ‘n verhaal en Skrifgedeelte wat God se ongelooflike krag demonstreer. Dit is ‘n moet-lees boek vir enigeen wat wil leer van God se beloftes en hoe ons dit in ons lewens kan laat vrugdra. Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! – Numeri 6: 24-26

It’s Your Time (Joel Osteen) – LARGE Paperback Pre-Owned

R50,00

It’s Your Timeoffers a potent and inspiring message about the power that God has to help you change your life. Bestselling author Joel Osteen issues a call to readers to rise up and seize the opportunities that are available to them every day. He uses compelling examples drawn from the Bible and popular culture to show how everyone has the God-given ability to achieve great things. Filled with strong Christian principles, the book is structured around four main concepts: Faith, Restoration, Belief in Yourself and Lifting Others. Calling this his best work yet, Pastor Osteen offers a bigger, bolder message than any of his previous works: God has given you everything you need to change your life, and you must use that power to strive beyond your limits.

Jou Beste Lewe Nou – 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik – Joel Osteen Preloved Large Paperback

R50,00

Baie mense gaan deur die lewe met ‘n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander weer sien geluk as iets wat altyd ‘eendag’ met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is die wat geleer het hoe om hul beste lewe reeds nou te leef. Hoe breek jy deur hierdie negatiewe denkpatroon sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef? Die antwoord le in ‘n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te begin doen, kan jy die eerste tree op die pad na ‘n besondere toekoms gee – Verbreed jou visie; ontwikkel ‘n gesonde selfbeeld; ontdek die krag van jou woorde en denke; maak jou los van die verlede; groei deur swaarkry; leef om te gee; kies om gelukkig te wees.

Oordenkings uit dis jou oomblik – Joel Osteen- Preloved LARGE Paperback

R50,00

Dit is tyd om jou geloof te verklaar, om na God se guns te soek en om Hom beheer oor jou lewe te gee sodat jy vervulling in sy planne vir jou lewe kan vind. In Oordenkings uit Dis jou oomblik wys die wereldbekende prediker en internasionale topverkoperskrywer Joel Osteen jou hoe om elke dag in ‘n geleentheid vir ‘n beter lewe te omskep deur boodskappe van geloof en hoop in alles wat jy doen te inkorporeer. Hierdie 90 oordenkings sal jou help om jou lewe anders te benader en daardeur jou lewe onherroeplik te verander – ongeag van waar jy in die lewe staan.

Oordenkings uit jou beste lewe nou – Joel Osteen Pre-Loved LARGE Paperback

R50,00

Laat Oordenkings uit Jou beste lewe nou! jou help om jou volle potensiaal uit te leef. Verbreed jou visieOntwikkel n gesonde selfbeeldOntdek die krag van jou woorde en denkeMaak jou los van die verledeGroei deur swaarkryLeef om te geeKies om gelukkig te wees Hierde sleutels tot n waarlik vervulde lewe verduidelik hoe jy kan begin om positief te dink en nuwe gewoontes aan te kweek wat jou op die wenpad sal plaas.Die sleutels in Oordenkings uit Jou beste lewe nou! is opgedeel in daaglikse porsies sodat jy dit stap vir stap deel kan maak van jou lewe. Elke dag bevat n skriflesing, teksvers vir die dag en n gebed.Jy het nie nodig om vir iewers, eendag te wag om suksesvol te wees nie jy kan jou beste lewe nou reeds ervaar.

Oortref jouself – 7 Sleutels Om Jou Lewe Elke Dag Te Verbeter – Joel Osteen Preloved LARGE Paperback

R50,00

7 Sleutels om jou lewe elke dag te verbeter

Dit maak nie saak of jou lewe voorspoedig verloop of rondom jou in duie stort nie, ons wil almal beter wees. Ons wil meer doeltreffend wees. Ons wil God beter ken; ons wil beter huweliksmaats en ouers wees, beter minnaars, beter bemoedigers, beter gemeenskapsleiers, beter werknemers, beter werkgewers, beter bestuurders. God het diep binne-in ons die begeerte geplaas om meer soos hy te wees. In Oortref jouself help Joel Osteen jou om diep na binne te kyk en die onskatbaar waardevolle sade van grootsheid te ondek wat God binne-in jou geplant het. Hy gee jou sewe sleutels wat jy kan gebruik om daardie sade van grootsheid te ontsluit sodat dit kan groei tot oorvloedige seën in jou lewe. Laat Joel Osteen se insig en bemoediging jou help om jou Godgegewe doel en potensiaal te besef en te begin om jou lewe elke dag te verbeter.

Select at least 2 products
to compare