Author

Ann-Hite Kemp

Author's books

Aanhouer Wen – Ann Hite Kemp – LARGER PRINT- Preloved Paperback

R35,00

Anthea Phillips is al drie jaar lank verlief op Llewellyn, ‘n medestudent. Hulle paleontologie-dosent, professor Katzke, nooi hulle twee as honneursstudente saam op ‘n ekspedisie, waar hulle gaan kyk na ‘n reusefossiel wat in ‘n grot versteen lê. Anthea is in die wolke, want dit beteken sy en Llewellyn gaan ‘n paar dae in die veld deurbring. Hulle gaan saam werk, saam eet en saam kuier om ‘n vuur!

Maar toe hoor sy wie nog saamgaan. Henk, die prof se gunstelingkleinneef, wat soos ‘n lastige vlieg om haar wat Anthea is, draai en Rika Rhode, die miljoenêrsakeman Eben Rhode se dogter. Rika is ‘n beeldskone blondekopmeisie wat reeds op ál die Suid-Afrikaanse tydskrifte se voorblaaie was. Anthea se moed sak in haar skoene, want hoe gaan sy
Llewellyn se aandag hou met Rika in die omtrek?

Select at least 2 products
to compare